Welcome to Son Recordings - Studio of Note

Specialising in Professional and Personal Recordings

For musicians by musicians!

About Us

Son Recordings is the rebranding of Studio of Note . It is a tribute to the founder of Studio of note and the music icon Christa Steyn, who passed away on 11 June 2012. The “Son” is not only the abbreviation of “Studio of note” but also implies “Son of Christa”. Douw Steyn and Christa Steyn worked together from 2006 at Studio of Note.

Son Recordings provides professional and personal recordings, including music albums, demo’s, voice overs, spoken word etc. We have a passion for gear and have a nice collection. Check out the studios if you want to see more.

 

Douw Steyn | Producer & Engineer

Douw verwerf die graad B.Com. Ondernemingsbestuur in Potchefstroom (2003), en is tans klankingenieur, regisseur, liedjieskrywer en eienaar van `n professionele opnameateljee, Studio of Note in Pretoria.

In 2004 en 2005 tree hy ook op as sessie-musikant as 'n kitaarspeler, en deel saam met bekende kunstenaars die verhoog o.a. Jannie du Toit, Christa Steyn, Anna Davel, Wouter van de Venter, Werner van Coller, Marelise Scheepers, Edelia, Sunida de Beer en Sorina Erasmus. Groepe saam met wie hy dikwels opgetree het sluit in Voorbrand, E3n, en Swerwer. Douw het ook musiekverwerkings vir mede-kunstenaars gedoen en het in 2004 en 2005 veral saam met Edrien Erasmus (E3n) en Mariëtte Galjaard gewerk.

Hy was ook betrokke by verskeie produksies o.a. Visvrou (Innibos 2004), Ons kom 'n lang pad (Aardklop 2006), Rooi Lorrie (Centurion 2006, Rustenburg en Bronkhorstspruit 2007), Houtkruis die musical (Staatsteater PTA 2008), Dagboek van 'n Swerwer (Innibos 2007, Cultivaria 2007, Woordfees 2008, KKNK 2008). In Dagboek van 'n Swerwer speel Douw kitaar as deel van die begeleiding saam met Christa Steyn, Jannie du Toit en Anna Davel. Hartsnaar (Innibos 2008, toer na Nederland 2008)

Vanaf einde 2008 tot hede is sy fokus op verwerkings en opnames in die opnameateljee. Sy kliënte was en is onderandere Laurika Rauch, Lize Beekmann, Danie Niehaus, Chris Chameleon, Leon Schuster, Dewald von Solms , Pieter West, Anna Davel, Matthys Roets en Coenie de Villiers. Tot op hede het hy sover meer as 60 albums opgeneem en werk saam met van die beste verwerkers in die land.

Ockie Vermeulen | Producer & Arranger

Ockie Vermeulen slaag matriek met sewe onderskeidings en behaal daarna 'n BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria voordat hy inskryf vir die BMus-graad. Hy studeer aanvanklik onder Dr. Hetta Potgieter en later orrel en klawesimbel onder Prof. Wim Viljoen. Hy slaag Unisa Graad 8, Royal Schools of Music se Advanced Certificate, die Diploma in kerkmusiek, Unisa se lisensiaat vir kerkorreliste en sy BMus-graad, alles met lof. Op grond van die uitslae word hy in 1998 uitgenooi om aan die Unisa Suid-Afrikaanse Musiekstudiebeurskompetisie deel te neem en in 2000 aan die Unisa Oorsese Musiekstudiebeurskompetisie.

Hy word reeds op dertienjarige ouderdom permanente orrelis by die Gereformeerde Kerk, Derdepoort en later by die NG Kerke Waverley en Queenswood waar hy Hetta Potgieter en Wim Viljoen opvolg.

Tydens sy voorgraadse jare verwerf hy verskeie beurse, onder andere die SAMRO beurs vir musiekstudie in 1999 en UP prestasiebeurse vir sewe agtereenvolgende jare. As Musiekverwerker en begeleier neem hy 'n aantal CD's op saam met onder andere Johanni van Oostrum (mezzo sopraan), Hannetjie van Zuydam (sopraan) en Abla Hamza (Amerikaanse sopraan). Hy is ook verwerker en begeleier van die ATKV se paasprograam saam met Rina Hugo, Carel Trichardt en Petru Wessels in 2001.

Hy tree op by Aardklop en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en ontvang 'n toekenning vir beste klassieke produksie op laasgenoemde fees saam met Deirdré Blignaut (sopraan) in 2000. In 2002 ontvang hy die glansryke Fulbright beurs wat hom in staat stel om sy meestersgraad in Texas, Amerika te doen onder Dr. Jesse Eschbach. Tydens sy sudie daar tree hy op in konserte in Dallas, Denton, Albany, Breckenridge en Oklahoma. Tydens sy studie in Texas, word hy ook aangestel as orrelis van First Presbyterian Church, Denton.

Ockie word daar aangestel as die musiekdepartement se Early Music Accompanist en ontvang vir twee jaar agtereenvolgens 'n orrelbeurs. Hy ontvang sy Master of Music (Organ Performance) graad magna cum laude voordat hy terugkeer na Suid-Afrika in 2004.

Aan die einde 2004 ontvang hy die Stephanus Zondagh Orrelbeurs vir oorsese studie sowel as die Nina Barry beurs tydens Unisa se Oorsese Musiekstudiebeurskompetisie nadat hy sy Voordraerslisensiaat met lof geslaag het.

Ockie tree gereeld saam met The Chamber Orchestra of South Africa (COSA) op as solis en continuo speler.

Hy het Nederland in April 2007 besoek en individuele meestersklasse van die bekende orrelis, Ben van Oosten, ontvang. In dieselfde jaar reik hy 'n CD, Highland Cathedral, uit. Die CD word uitstekend ontvang en was vir langer as 'n jaar op die SA Klassieke Top20-lys. Hy is ook een van die orreliste op die gewilde Heavenly Organ CD uitreikings. In 2011 reik hy sy nuwe CD, Arena, uit en werk daarop saam met bekende musici soos Christa Steyn, Wessel van Wyk, Charl du Plessis en Helen Vosloo. Hierdie CD word in 2011 vir 'n SAMA toekenning genomineer.

In 2012 voltooi Ockie sy doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria. Hy is orrelis van die Nederduits Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos en ook Kurator en Universiteitsorrelis van UNISA.

In memory of Christa Steyn

Christa Steyn, (1958 - 2012) was 'n musiek-ikoon in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy was mede-eienaar van die opname-ateljees, 'n bekende komponis, pianis, verwerker, 'n wonderlike ma, vriendin en leermeester.

Ons mis haar elke dag. Ons dra die ateljees aan haar op.